06/11/2020
YSKAS/VRIESKAS......NET VIR INLIGTING
* Moet verkieslik nooit aan jou termostaat stel nie. In Laagliggende/see areas kan termostate so op 7 gestel wees. In die Binneland areas kan dit so tussen 3 & 4 wissel. Moet nooit op 1 stel nie, aangesien die motor dan aanhoudend sal loop. As ñ yskas se termostaat verkeerd gestel is, kan dit later veroorsaak dat die yskas se motor oppak.
* ñ Yskas/Vrieskas moet nooit plat lê as dit vervoer word nie, dit kan die motor van die yskas beskadig.
* Yskaste/Vrieskaste SE GAS RAAK NOOIT OP NIE. Die enigste oorsaak van ñ gas tekort word veroorsaak deur gas lekke iewers op ñ pypie of in die wande van die yskas. Hierdie lek moet herstel word voordat daar net weer gas ingesit word, anders sal die gas net weer uitlek. Wanneer die lek in die wande van die yskas is, is dit egter onherstelbaar. Moet nooit net dat iemand gas insit nie, die lek moet gesoek en herstel word.
* Wanneer die vries/yskas op ñ gedeelte nie meer werk nie, maar op ander gedeelte wel nog werk kan dit wees dat daar ñ gaslek op die yskas is.
* Yskas rekke is vervangbaar indien nodig. Al wat nodig is indien jy ooit ñ rek wil vervang is om die rek in te bring sodat hy weggestuur kan word om te last maak. ..plus minus n week.Wanneer ñ yskas rek egter net begin wegtrek, kan ñ haardroër gebruik word om dit bietjie warm te maak, sodat dit weer teen die deur kan vas seël.
* Yskas/Vrieskas moet nooit toegebou word in ñ hout kas of soortgelyk nie, daar moet altyd lugvloei wees, anders word dit te warm en sal jou kas die gees gee.
* Moet nooit ñ Yskas/Vrieskas met ñ skerp voorwerp probeer skoonmaak nie.
* Indien jy ñ yskas wil ontdooi - plaas ñ waaier daarvoor om te help, en gebruik warm water.
* Dreinerings gaatjie binne in jou yskas moet altyd skoongehou word, want vuilgoed bou daarop, en verstop so die gaatjie. Gooi af en toe lekker warm water in die gaatjie om seker te maak dis nog mooi oop.
* Om reuke te verwyder kan ñ bakkie chloor in ñ toe kas geplaas word vir ñ dag of twee, en dan kan die kas met vanilla uitgewas word.
* Wanneer ñ kas geroes is kan dit afgeskuur word, en ñ roes werende verf laag gegee word, en dan ook ñ laag spuitverf gegee word.
* Wanneer jy ñ slot wil opsit, moenie net enige plek boor nie, aangesien daar gas pype in die wande van die kas loop wat raakgeboor kan word.