04/08/2026
Met groot hartseer het ons kennis geneem van die afsterwe van Elderico Rowan Louw.
Namens MHI wil ons graag hulde bring aan "Rico", soos ons hom almal geken het. Rico was vir 'n paar jaar deel van ons span en het 'n waardevolle bydrae gelewer tot die gehalte van ons vakmanskap. Hy was 'n vriendelike, geliefde en vrolike mens wat altyd 'n glimlag gebring het.
Hy sal opreg gemis word.
Ons innige meegevoel gaan aan sy familie, vriende en almal wat hom geken en liefgehad het. Rus sag, Rico.