Die Twee Tuiniers

Die Twee Tuiniers 🌳 Eienaar-gedrewe tuindiens in Oudtshoorn vir gevestigde tuine. Fokus op gereelde, langtermyn-tuinonderhoud met vaste afsprake en betroubare, persoonlike diens.

Geen eenmalige opruimings of groot veranderinge — net volgehoue sorg vir jou tuin. 👋 Dagsê mede tuin liefhebbers! Ons bied graag ons diens as tradisionele tuiniers aan om self tuine op ʼn permanente basis een of twee keer per maand te onderhou en ons diens is Ideaal vir die tuinliefhebber of besigheid met n klein tot medium grootte tuin.

- Voel veilig en ontspanne terwyl ons twee self in u tuin w

erk.
- Wees gerus dat u tuingereedskap in veilige en sorgsame hande is.
- Wees verseker van ons flink en deeglike werk vir vinnige resultate.
- Betroubaar, vriendelik en sommer net lekker geselskap. TAKE WAT ONS VERRIG SLUIT IN:
- sny gras en randte
- basiese snoei werk
- stileer struike en boompies
- plant blomme, struike en bome
- bewerk blom beddings
- ruim troeteldier rommel op
- ruim blare op
- versorg potplante
- verwyder en bestry onkruid
- verwyder onkruid tussen plaveisel stene
- ligte DIY takies en nog vele meer

HOEKOM ONS KIES?
- Ons is ervare en betroubaar met top verwysings.
- Ons daag stiptelik op en kommunikeer doeltreffend.
- Ons is hardwerkend en trots op ons werk en ons vordering.
- Uiters kompeterende pryse vir uitmuntende diens.
- Onlangs genomineer vir 'n "Best Of Oudtshoorn Readers Choice" toekenning vir beste tuindiens. Volg ons blad vir spesiale aanbiedinge, kompetisies, nuus oor ons tuinmaak avonture en nog meer!

🌳 NUUS UIT DIE TUINGroot nuus! Die Twee Tuiniers is amptelik vir die tweede jaar in 'n ry genomineer vir die 'Best of Ou...
08/07/2026

🌳 NUUS UIT DIE TUIN

Groot nuus! Die Twee Tuiniers is amptelik vir die tweede jaar in 'n ry genomineer vir die 'Best of Oudtshoorn Readers Choice'-toekenning vir beste tuindiens. Baie dankie aan almal vir die ondersteuning!

Om ons unieke tuindiens-model beter te beskryf, het ons ook onlangs ons hele webblad herskryf om enige verwarring uit die weg te ruim. Dit verduidelik nou baie beter hoe ons werk, wie ons is, die tiepe tuine waarin ons werk, en hoe ons met ons kliënte saamwerk om gehalte tuinonderhoud te verseker.

Loer gerus weer hier:

🌐 https://dietweetuiniers.co.za

Wintergroete,
Louw & Karin (Die Twee Tuiniers)

Address

Oudtshoorn

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Twee Tuiniers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Twee Tuiniers:

Shortcuts

Share

Category