15/09/2026
🔧ONS SOEK ’N HANDYMAN OM DEEL VAN ONS SPAN TE WORD!🔧
0861NUTSMAN is op soek na ’n jong, fiks, energieke en netjiese persoon om by ons span aan te sluit.
🛠️Die ideale kandidaat:
• Het reeds ’n mate van onderhouds-/handyman-ervaring
• Ervaring in handyman-werk, elektrisiteit of loodgieterswerk sal ’n groot voordeel wees
• Is bereid om te leer en nuwe vaardighede aan te leer
• Kan selfstandig dink en inisiatief neem
• Kan instruksies goed volg
• Kan selfstandig werk, maar ook ’n span lei wanneer nodig
• Beskik oor ’n geldige bestuurslisensie
• Is betroubaar, professioneel en trots op sy werk
🌟Wat bied ons?
Die regte persoon kry die geleentheid om binne ons span te groei en ’n langtermyn-loopbaan te bou.
💰Bo-gemiddelde salaris, onderhandelbaar volgens ervaring en vaardighede.
📧BELANGRIK:
GEEN Facebook-boodskappe sal aanvaar word nie.
Stuur asseblief jou CV, tesame met ’n kort dekbrief waarin jy jou ervaring as handyman en/of enige relevante bedryfservaring opsom, na:
📩 [email protected]
Dink jy jy is die regte persoon vir die span? Ons wil van jou hoor! 🔧💪